Stay informed! Visit the SA Department of Health's website for COVID-19 updates: www.sacoronavirus.co.za

Klippe langs die pad

Daar is dom mense en dan is daar dommer mense, of meer korrek, onnosele mense.

Du P Martins

Friday, 05 September 2014

Tags

Hierdie onnoseles is diegene wat glo dat hulle met `n gekoopte kwalifikasie oornag `slimmer` geword het en daarom by enige werk kan instap en dat die lewe aan hulle iets verskuldig is.

In die goedgelowige samelewing van Suid-Afrika is ons maar bra huiwerig om iemand se kwalifikasies te bevraagteken. In onlangse berigte het die ANC grootkop, Palio Jordan erken hy het geen doktorsgraad nie en Hlaudi Motsoeneng, SAUK se bedryfs-hoof het ook erken hy het geen matriek nie. So ook het sy kollega, Ellen Tshabalala erken dat sy geen B. Com-graad het nie.

Die vraag bestaan hoeveel hoëkoppe, bedryfleiers en BEE-aanstellings loop rond met gekoopte kwalifikasies? n Mens ys om daaraan te dink dat jy oor n twintig meter hoë brug met `n ruisende rivier onder jou ry en ewe skielik val die brug met jou daarop, in die water. Die brug is deur mm- X ontwerp wat `n siviele ingenieursgraad aan die Universiteit van Gunea behaal het.

Oornag het daar in die nuwe vrygemaakte Suid-Afrika mense ontpop met indrukwekkende buitelandse kwalifikasies by universiteite waarvan niemand iets weet nie. Baie van die sogenaamde hooggeleerdes is te vinde in uitsoekposisies en verdien vet salarisse. By sommige instansies word vreemde besluite geneem, soos byvoorbeeld die onlangse besluit van die SAUK ten opsigte van Afrikaanse programme met kanaal twee en drie wisseling. Dit, in weerwil van die taaldemografie realiteit wat daarop dui dat dit `n dom besluit was.

Die vraag ontstaan hoeveel dom besluite word deur instansies gedoen bloot omdat die besluitnemers, met hul imposante maar valse kwalifikasies, nie die deurleefde ervaring, agtergrondkennis en beroepskwalifikasie het nie.

Alexis Petje van die maatskappy Managed Integrity Evaluation (MIE) het `n paar rillers wat aandui hoe wyd en diep die kwalifikasiebedrieery is. "Suid-Afrikaanse 2013-statistiek wys daarop dat 36% werkaansoekers lieg deur te se hulle het `n matriek kwalifikasie. Baie mense dink wanneer hulle `n buitelandse kwalifikasie aanbied, niemand die egtheid daarvan sal naspeur nie, of dat dit selfs onmoontlik is om dit te doen en dat hulle daarmee kan wegkom. Dit is nie die geval nie. Statistiek toon dat 50% van die aansprake op doktorsgrade van sogenaamde Afrika of internasionale instansies, vals is," het sy gese.


comments powered by Disqus