Stay informed! Visit the SA Department of Health's website for COVID-19 updates: www.sacoronavirus.co.za

Kyk so of jou rekord `skoon` is

Lesersvraag: Hoe sal ek weet of my naam skoongevee is by die Kredietburo's?

MIE

Saturday, 12 April 2014

Tags

Nomsa Motshegare, uitvoerende Hoof van die Nasionale Kredite-reguleerder, antwoord:

Die verwydering van verbrui-kers se negatiewe kredietinlig-ting en inligting oor vonnisse waarvan die skuld betaal is, staan bekend as "kredietamnes-tie". Op 1 April moes alle geregi-streerde kredietburo`s begin het om negatiewe inligting oor ver-bruikerskrediet te verwyder. Dit moet teen 31 Mei klaar wees.

Dié negatiewe inligting behels:

  • Subjektiewe klassifikasies van verbruikersgedrag, soos "oortreder", "wanbetaler", "sta-dige betaler", "gevlug" en "nie kontakbaar";
  • Negatiewe klassifikasies met betrekking tot die opdwin-ging van betaling, soos "oorhan-dig vir invordering", "regsak-sie" of "afgeskryf`;
  • Enige inligting oor skuld-dispute wat verbruikers aanhan-gig gemaak het, ongeag in wie se guns die dispuut besieg is; en
  • Enige merk, simbool, teken of ander manier waarop negatiewe kredietinligting in die beta-lingsprofiel van verbruikers ver-vat is.

Wanneer daar `n siviele hofbe-vel oor skuld was, insluitende verstekvonnisse (waar die skul-dige party nie teenwoordig was nie), moet die inligting verwyder word - maar net as die be-drag ter sprake wel betaal is.

Verbruikers moet kredietburo`s nader om hui kredietstatus na te gaan. As hülle so gou as moontlik skuld betaal waaroor vonnisse uitgespreek is, kan hülle nog voordeel trek uit die amnestie.

Die hoofdoelwit van die amnestie is sodat verbruikers met `n skoon lei kan begin. Ons wil hülle aanmoedig om `n skoon kredietstatus te handhaaf sodat hülle toegang kry tot bekostigba-re krediet, huurverblyf en werk.

Die inisiatief verwyder nie verbruikers se plig om hul skuld te betaal nie, maar wil hulle aanspoor om hul skuld meer pligsgetrou en betyds te betaal.

Jy sal steeds `n betalingspro-fiel he, maar die negatiewe inligting daarin word verwyder.

As jy `n vonnis op jou kredietverslag het, moet jy eers dieskuld afbetaal en die bewys van betaling aan kredietburo`s stuur.

Hulle sal dit eers verifieer en dan, waar toepaslik, die negatiewe inligting verwyder. Elke ver-bruiker is wetlik geregtig op een gratis kredietverslag per jaar van elkeen van die 13 geregi-streerde kredietburo`s.

Kontak die 13 geregistreerde kredietburo`s hier:

  • TransUnion - 0861 482 482
  • Experian SA - 0861 105 665
  • Xpert Decisions Systems (XDS)- 011 645 9100
  • Compuscan - 0861 514131
  • Consumer Profile Bureau- 010 590 9505
  • CreditWatch - 011 483 0086
  • crosscheck Information Bureau (voorheen bekend as MLCB)- 010 590 9505
  • Inoxico - 010 001 0540
  • LexisNexis Risk Management- 011 245 6500
  • Managed Integrity Evaluation- 012 644 4000
  • Robertsons International Reports - 011 777 4000
  • Tenant Profile Network- 086187 6000
  • Tenant Watch Business Activities - 011 394 6828
  • As jy `n geskil het met een van die kredietburo`s, bel:
    • Nasionale Kredietreguleerder- 0860627627
    • Kredietombudsman- 0861 662 837
comments powered by Disqus